Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Septemberkind" deur MARLISE JOUBERT
"Septemberkind" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #22906] Vr, 14 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Septemberkind
Marlise Joubert

Mooi is die land se tuine
in die maand van mane en van reën
maar my dae is droef soos winterreën

en die wind kom aangewiel
soos 'n koets oor die heuwels

gelaai met blomme en saad
tollende vinne van bloekomblare
wat speek deur die lug oor die pad
die smal pad
waarin ek gekreukel loop

mooi is lemoene
in sakkies of kissies of in bome
altyd mooi soos oop monde son
maar in my skoene skuur en skaaf
die growwe sand

en ek loop gekreukel soos 'n kind
met verlange na my enigste ma
waar lugkastele nie meer nodig is nie
en haar vel die geur van koeltes dra

want sy roep die getye bymekaar
sy beskerm die muise en miere teen aasvoëls
sy is leeu se kind 'n ma koningin
sy is die oersee wat 'n ogie
oor skeepswrakke hou
wat haar huis verander in 'n baarmoeder
as ek so wil of 'n oor of 'n wieg
vir moeë ledemate as ek so wil

sy is die koel septembervywer
in die binneland van elke kind
Vorige onderwerp: "Reise van 'n alleenloper" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Oordenkings by 'n rooi robot" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 03:42:32 MGT 2024